# Die Madlanga-ondersoekkommissie oorhandig vandag sy tweede tussentydse verslag aan president Cyril Ramaphosa. Die kommissie is in September verlede jaar aangestel ná bewerings van misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in die strafregstelsel. Tot dusver is 60 mense se getuienis aangehoor. Die tweede tussentydse verslag sal na verwagting fokus op dwelmkartelle en die onwettige beweging van dwelms. Die kommissie sal sy finale, omvattende verslag aan die einde van Augustus oorhandig. Die verhore word Maandag hervat.
Ramaphosa ontvang vandag die Madlanga-kommissie se tweede tussentydse verslag