Skip to content

IVP veroordeel sinnelose moord op sy raadslid van Rand West City-munisipaliteit [KLANK]

# Die IVP sê die moorde op openbare verteenwoordigers, veral in aanloop tot die munisipale verkiesing in November, is tragies en diep kommerwekkend vir Suid-Afrika se demokrasie. Dit volg na die moord gisteraand op die party se raadslid van die Rand West City plaaslike munisipaliteit in Gauteng, Mbuso Mzwandile Mthimkhulu. Die 46-jarige is tydens ʼn gemeenskapsvergadering in Bekkersdal doodgeskiet. Die IVP se woordvoerder Mkhuleko Hlengwa, sê sy party veroordeel die sinnelose daad van geweld en doen ʼn beroep op die polisie om die oortreders dringend aan te keer en te straf:

ENG HlengwaONCouncillor