# Die MK-party sê hy ondersoek die volledige omstandighede rondom bewerings en gevolglike aanklagte teen sy hoofsweep, Mmabatho Mokoena Zondi. Sy het gister in die Kaapstadse Landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en is op borgtog van 30-duisend-rand vrygelaat. Mokoena-Zondi het na bewering vier mense as navorsers vir die party gewerf. Sy het glo betaling van hulle geëis onder voorwendsel dat die geld nodig is vir die party-president, Jacob Zuma, se regskoste. Die MK-party sê regs- en interne organisatoriese prosesse moet regverdig en deursigtig verloop.
MK-party ondersoek bewerings en aanklagte teen sy hoofsweep, Mokoena-Zondi, intern