# Die Vryheidsfront Plus begin vandag ‘n drie maande lange ommekeerstrategie vir die Tshwane-metro en Pretoria wat daarop gemik is om dienslewering in die hoofstad te verbeter. Die eerste fase onder die titel ‘dit is ons tyd om gehoor te word’, sal fokus op die insameling van gemeenskapsinsette om die finale plan te vorm. Willie Spies van die party sê die strategie sal ontwikkel word met inwoners se idees oor hoe om Pretoria as ‘n goed funksionerende hoofstad te herstel.
VF Plus belowe gemeenskapsgedrewe omkeerplan vir Tshwane