Skip to content

Krieket: Plek in IPL-eindstryd vandag op die spel in Nieu-Chandigarh

# Krieket: ‘n Plek in Sondag se eindstryd van die Indiese Premierliga is vandag op die spel in die tweede kwalifiseerder tussen Gujarat Titans en Rajasthan Royals in Nieu-Chandigarh. Titans het tweede op die punteleer geëindig, maar met 92 lopies teen die verdedigende kampioen, Royal Challengers Bengaluru, verloor in Dinsdag se eerste kwalifiseerder. Die vierde-geplaasde Rajasthan het Sunrisers Hyderabad met 47-lopies geklop in Woensdag se uitskakelstryd, toe die tiener-sensasie Vaibhav Sooryavansha 97 van net 29 balle gemoker het. Vandag se wenner pak RCB in die titelstryd in Ahmedabad.