# Die DA sê dringende hervormings word benodig in die paroolstelsel na berigte dat byna 28-duisend paroolgangers voortvlugtig is. Die party beplan om die Parlement se portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste te vra om die gemeenskaps-rehabilitasiestelsel te hersien en GPS-geaktiveerde elektroniese monitering in te stel vir gewelddadige oortreders op parool. Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê die bevindings ontbloot groot mislukkings in die Departement van Korrektiewe Dienste en is ‘n ernstige bedreiging vir openbare veiligheid.
DA vra dringende paroolhervorming terwyl 28-duisend paroolgangers voortvlugtig is