# Amerikaanse magte wat in oorlogsgebiede ontplooi is, word volgens verslae deur militêre amptenare geteiken deur die gebruik van kommersieel beskikbare ligging-data. In ʼn brief wat senator Ron Wyden, ʼn Demokraat van Oregon, met Reuters gedeel het, het Amerika se Sentrale Bevel gesê hy het verskeie verslae ontvang oor die vyandige uitbuiting van kommersiële ligging-data om Amerikaanse personeel in die oorlogsgebied dop te hou of te teiken. Wyden sê in ʼn verklaring dit is tyd om die advertensie-tegnologiebedryf as ʼn nasionale bedreiging te hanteer.
Pentagon sê Amerikaanse militêre personeel word blykbaar geteiken deur ligging-data te gebruik