# Sokker: Nicaragua het ʼn jeugdige en onervare span gekies vir vanaand se vriendskaplike wedstryd teen Bafana Bafana op die Orlando-stadion. Die jongste speler is die 17-jarige Efraín Mejía wat vir Nicaragua se onder 20-span gespeel het. Die meeste spelers is tussen 20- en 25-jaar oud en kan eintlik as ʼn onder 23-ontwikkelingspan beskou word. Die nuwe Argentynse hoofafrigter, Juan Cruz Real, het vyf nuwelinge ingesluit as deel van ʼn heropbou-projek vir die langer termyn. Die wedstryd is Bafana se amptelike afskeid voor die Wêreldbeker.
Sokker: Bafana kom in Wêreldbeker-opwarmingswedstryd teen onervare span van Nicaragua te staan