# Minstens 16 leerders is dood en meer as 70 beseer in ‘n brand wat in die vroeë oggendure in ‘n koshuis aan die Utumishi Girls Academy in Gilgil, Kenia uitgebreek het. Daar was 220 leerders in die koshuis. Die polisie sê soek- en reddingsoperasies duur voort en die dodetal sal na verwagting styg. Polisiebevelvoerder Masoud Mwinyi sê die oorsaak van die brand is tans onbekend. Brande is algemeen in Keniaanse koshuise, met sommige wat weens brandstigting ontstaan en ander weens elektriese foute.
Minstens 16 kinders sterf in brand in meisieskoshuis in sentraal-Kenia