Skip to content

Twee mense dood in nog ‘n Amerikaanse weermagaanval op ‘n vermeende dwelmsmokkelboot in die Stille Oseaan

# Die Amerikaanse weermag het vandeesweek weer toegeslaan op ‘n beweerde dwelmsmokkelboot in die oostelike Stille Oseaan. Twee mense is in die aanval dood. Amerika se se suidelike bevelsentrum sê inligting het bevestig die vaartuig was in bekende smokkelvaarwater en was daar besig met dwelmverwante aktiwiteite. Die weermag het Dinsdag nog ‘n verdagte vaartuig aangeval en een man is dood en twee het oorleef. Minstens 194 mense is sedert verlede September in soortgelyke aanvalle dood. Regskenners en regtegroepe voer aan die aanvalle kan op buitegeregtelike moorde neerkom.