Skip to content

EFF eis dat speaker van Nasionale Vergadering Ramaphosa se Phala Phala-hofhersiening teenstaan

# Die EFF eis dat die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, president Cyril Ramaphosa se aansoek teenstaan om die Artikel 89-paneel se verslag te laat hersien. Hy het Dinsdag hofstukke by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien om die verslag te laat hersien. Die paneel het bevind daar is prima facie-bewyse dat Ramaphosa moontlik die Grondwet oortree het in die Phala Phala-sage. Die EFF voer aan indien die aansoek nie teengestaan word nie, word die gesag, integriteit en grondwetlike rol van die Nasionale Vergadering ondermyn.