# Die SAKP kritiseer die ANC omdat die regerende party weier om deel te neem aan die komende Konferensie van Linkses. Die konferensie met die tema “Building a Left Movement for Working-Class and Popular Power”, sal deur verskeie linkse politieke partye en vakbonde bygewoon word. Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê dis ʼn politieke projek om die party te ondermyn. Die SAKP sê hy verwerp die houding as arrogant en tipies van huidige ANC-hooggeplaastes wat ʼn neiging het om hulself te verheerlik.
SAKP kap na ANC wat weier om aan Konferensie van Linkses deel te neem