# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het erken dat die lewering van behuising nie die teikens haal nie. Slegs 23-duisend-27 behuisingseenhede is gelewer teenoor die teiken van 37-duisend-779 die vorige boekjaar. Sy het ʼn begroting van 26,972-miljard-rand vir die 2026/2027-boekjaar ter tafel gelê. Simelane sê die departement sal optree teen kontrakteurs wat agter raak en amptenare wat verantwoordelik is vir agterstande met verkryging. Sy sê die regering bly verbind tot vernuwende boutegnieke om lewering van behuising te versnel en klimaatsweerstandigheid te verbeter.
Minister Simelane sê lewering van behuising haal nie teikens nie [KLANK]
ENG SimelaneOnTargets