# Rugby: Blitsbok-speler Gino Cupido sê hulle sal, ten spyte van hul onlangse suksesse, hierdie naweek van voor af begin. Suid-Afrika het die internasionale sewesreeks beklink reeds voordat hulle in Hong Kong in die eerste van drie wêreldkampioenskaptoernooie gewen het. Die tweede ronde vind hierdie naweek in Valladolid, Spanje, plaas, waar die Blitsbokke teen Groot-Brittanje, Kenia en Australië in Groep A te staan kom. Die laaste toernooi word vroeg volgende maand in Bordeaux, Frankryk, gespeel. Cupido sê hy wil weereens die span help om te presteer.
Rugby: Blitsbokke begin van voor af in Valladolid hierdie naweek