Skip to content

Honderde kinders sterf binne maande weens masels wat skerp toeneem

# Meer as 500 kinders is sedert Maart in Bangladesj dood met vermoedelike en bevestigde gevalle van masels. Die regering het ‘n massa-inentingsveldtog van stapel gestuur om die verspreiding te vertraag en lewens te red. In net meer as twee maande het die aantal vermoedelike gevalle meer as 60-duisend bereik. Die presiese getal is nog nie bevestig nie, aangesien laboratoriumuitslae nog uitstaande is. Masels is hoogs aansteeklik en kan vinnig versprei deur hoes en nies. Dit is veral gevaarlik vir oningeënte kinders onder die ouderdom van vyf.