Skip to content

Staatsdiensvakbond bekommerd oor besprekings rondom beoogde herposisionering van SITA [KLANK]

# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor die voortgesette gesprekke rondom die beoogde herposisionering van die Staatsinligtingstegnologie-agentskap. Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë het vroeër vanjaar ‘n regulasie in die Staatskoerant gepubliseer wat dit vir regeringsinstellings makliker sal maak om IT-stelsels buite SITA aan te skaf. Claude Naicker van die vakbond sê dit sal ‘n bedreiging wees vir die volhoubaarheid van SITA, en die breër doelwit om bestuur en toesig in die verkryging van IKT in die openbare sektor te versterk:

ENG NaickerONRepositioning