Skip to content

Tennis: Sinner en Gauff deur na tweede ronde van Franse Ope, Medvedev uitgeskakel

# Tennis: Die eerste-gekeurde Jannik Sinner het sy veldtog vir ‘n eerste Franse Ope-titel begin met ‘n oorwinning in skoon stelle oor die plaaslike promotorskeuse Clement Tabur. Die Italianer hoop om ‘n loopbaan-Grand Slam te voltooi. Die Australiër Adam Walton het die sesde-gekeurde Rus Daniil Medvedev in vyf stelle uitgeskakel. In die vroue-afdeling het die verdedigende kampioen, Coco Gauff, haar Amerikaanse landgenoot Taylor Townsend geklop. Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, het haar veldtog begin met ‘n maklike oorwinning oor Jessica Bouzas Maneiro van Spanje.