# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê die departement sal ʼn onafhanklike, eksterne, forensiese ondersoek instel na die nasionale katalogus-proses vir die grondslagfase. Dit volg na ʼn News24-verslag dat Lighthouse Publishers, wat geregistreer is slegs drie dae nadat die opdrag vir die grondslagfase se nasionale katalogus gegee is, die meeste goedkeurings ontvang het om nuwe leer- en onderrigmateriaal vir graad 1 tot 3 uit te gee. Gwarube sê die ondersoek is om seker te maak leerders ontvang betyds gehalte-handboeke deur ʼn wettige, regverdige en deursigtige proses.
Minister Gwarube stel onafhanklike ondersoek in na omstrede handboekkatalogus