# Rugby: Die Junior Springbokke het hul tweede oortuigende oorwinning van die Internasionale Onder-20-reeks behaal deur Fidji 82-25 te klop by Wynberg Boys’ High in Kaapstad. Suid-Afrika het 12 drieë gedruk, met Luan Giliomee wat ‘n driekuns behaal het met sy terugkeer na die span. Die Junior Bokke het Chili verlede week 97-0 afgeransel in hul openingswedstryd. In gister se ander kragmeting het Georgië Chili 59-26 geklop. Suid-Afrika pak Georgië Saterdag in die laaste ronde in Stellenbosch, terwyl Fidji teen Chili te staan kom.
Rugby: Junior Bokke behaal tweede reuse-oorwinning in die Internasionale O.20-reeks