# Rugby: Die Stormers se Projek 2029 het stukrag gekry met die terugkeer van die Springbok-puntemasjien Cheslin Kolbe. Die projek mik daarna om die span te posisioneer om die Kampioenebeker die eerste keer te wen. Die direkteur van rugby, John Dobson, sê hulle waardeer Kolbe se finansiële opoffering om na Kaapstad terug te keer, want hy kon baie meer verdien het as hy in Japan gebly het. Dobson ontken dat dit ‘n aftreepos is. Kolbe sal in Julie by die Stormers aansluit.
Rugby: Stormers se Projek 2029 vorder fluks met Kolbe se terugkeer