Skip to content

Nasionale Tesourie-fonds open ‘n nuwe befondsingsronde om werkskepping ’n hupstoot te gee

# Die Werkfonds van die Nasionale Tesourie het sy 13de befondsingsronde geopen, daarop gemik om volhoubare werkskepping landwyd ‘n hupstoot te gee. Die hoof van die fonds, Najwah Allie-Edries, sê dit fokus op die groen en informele ekonomiej. Die fonds het sedert 2011 meer as 7,7-miljard-rand toegewy aan projekte wat meer as 343-duisend werksgeleenthede en internskappe ondersteun. Die jongste ronde teiken die jeug, vroue en benadeelde gemeenskappe deur middel van vernuwende werkoplossings. Die aansoeke vir die befondsingsronde sluit op 30 Junie.