Skip to content

Tshwane stel opgradering van pad- en infrastruktuur in Stinkwater en Nuwe Eersterust bekend

# Die Stad Tshwane het die opknapping van pad- en stormwater-afvoer-infrastruktuur in Stinkwater en Nuwe Eersterust bekend gestel. Die metro sê die projek is ‘n regstreekse reaksie op die jarelange uitdaging van ontoereikende paaie en stormwater-infrastrukture in die gebied, wat tydens reën tot die oorstroming van huise en eiendom lei. Die opgradering sluit in inlope in randstene, spoedbulte en padtekens. Dié opgradring sal permanente verligting aan inwoners bied en toegang, veiligheid en waardigheid verbeter.