Skip to content

Parlement maak name bekend van 31 lede wat in ampsklagkomitee sal dien

# Die Parlement het die name bekendgemaak van die 31 lede wat in die ampsklagkomitee sal dien om president Cyril Ramaphosa se lot te bepaal. Politieke partye het hul verteenwoordigers se name voor Vrydag se sperdatum ingedien terwyl die ANC sy lys oor die naweek afgehandel het. Die ANC het nege lede in die veelparty-komitee, insluitend Doris Mpapane, Cameron Dugmore en Faith Muthambi. Die DA het vyf lede, onder andere hoofsweep Glynnis Breytenbach. Ander name sluit in EFF-leier Julius Malema en die MK-party se parlementêre leier, John Hlophe.