# Rugby: Die veelsydige Springbok Cheslin Kolbe sê hy het altyd geglo hy sal uiteindelik na Kaapstad terugkeer. Gister is bevestig hy keer in Julie terug na die Stormers vanaf Japan. Die 32-jarige dubbele Wêreldbekerwenner het sy buiging in 2018 vir Suid-Afrika gemaak en sedertdien 49 toetse gespeel en 136 punte aangeteken. Hy het die Stormers in 2017 verlaat om vir Toulouse in Frankryk te speel en in 2023 na Japan verhuis. Kolbe sê dis wonderlik om terug te keer na die span waar alles vir hom begin het.
Rugby: Kolbe sê hy het altyd geweet hy sal na Kaapstad terugkeer