# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, begin vandag sy veldtog vir ‘n loopbaan-Grand Slam in Parys. Die Franse Ope-kroon is die enigste Grand Slam-titel wat die Italianer nog nie gewen het nie. Hy het ‘n baie goeie kans om dit te vermag in die afwesigheid van sy grootste mededinger, die Spanjaard Carlos Alcaraz. Die verdedigende kampioen sukkel met ‘n hardnekkige polsbesering wat hom ook uit Wimbledon gaan hou. Sinner speel in die eerste ronde op Roland Garros teen die Fransman Clement Tabur, wat tans 165ste op die wêreldranglys is.
Tennis: Jannik Sinner begin vandag sy veldtog vir ’n eerste Franse Ope-titel