# Die Kaapstadse polisie ondersoek ‘n vlaag skietvoorvalle oor die naweek waarin minstens 13 mense dood is. Woordvoerder Andrè Traut sê ses mans is in Makhaza en Endlovini dood, insluitend drie slagoffers in ‘n informele woning, en nog drie wat vanoggend in ‘n sjebien doodgeskiet is. Die motiewe word tans ondersoek. Woordvoerder Novela Potelwa het ook sewe moorde in Khayamandi bevestig, terwyl niemand nog in hegtenis geneem is nie.
Bloedige naweek in Kaapstad met 13 mense dood in reeks skietvoorvalle