Skip to content

ActionSA sê Kieswetter is die regte persoon as hoof van die nuwe polisiepaneel

# ActionSA sê die voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, is die regte persoon om as voorsitter van die nuwe Polisie-adviespaneel te dien. Die paneel se basiese mandaat is om vordering met die polisie se herstel-agenda te evalueer en die Madlanga-kommissie se aanbevelings vinnig in te stel. Die kommissie het getuienis aangehoor van korrupsie en misdadige infiltrering in die SAPD se hoër strukture. ActionSA sê Kieswetter is goed geplaas om die polisiediens te herbou en professioneel te maak, net soos hy die Inkomstediens tot ʼn bevoegde en gerespekteerde instelling herstel het.