# President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê Rusland se gebruik van sy hipersoniese Oreshnik- ballistiese missiel mag nie ongestraf bly nie. Moskou het die naweek ʼn massiewe aanval op Kiëf en die omliggende streek uitgevoer waarin minstens vier mense dood en ongeveer 100 beseer is. Die Russiese ministerie van Verdediging sê dis uit weerwraak vir Oekraïne se “terroriste-aanvalle” op burgerlike teikens in sy gebied. Dis die derde keer dat Rusland die Oreshnik- ballistiese missiel in konflik gebruik, Dis ontwerp om kernplofkoppe te dra.
Rusland gebruik kragtige hipersoniese ballistiese missiel in massiewe aanval op Kiëf