Skip to content

Oggendkoerant-verslag

Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 25 Mei 2026:

NASIONAAL:

# Business Day:

Berig parlementslede soek tussentydse reëls om president Cyril Ramaphosa se ampsklagondersoek so vinnig as moontlik af te handel. Daar is ook versoeke vir tussentydse riglyne gebaseer op die Busisiwe Mkhwebane-saak om die proses te bespoedig.

# En die Netwerk24-webblad:

Berig die DA wil hê die Staatsdienskommissie moet ondersoek instel na staatsamptenare wat studiegroepe toespreek in aanloop tot departementele verskynings voor portefeuljekomitees. Die party sê sulke amptenare tree nie onpartydig op nie.

En tweedens skryf die koerant die moordenaars van die 71-jarige Ernst Marais en sy 73-jarige vrou Dina in die Kruger-wildtuin is nog nie opgespoor nie. Daar is ook geen spoor van hul voertuig, ‘n groen Ford Ranger dubbelkajuitbakkie nie.

GAUTENG:

# The Star:

Skryf ook oor die vermoorde Marais-egpaar. Volgens die polisie is die vernaamste fokus nou om hul vermiste voertuig op te spoor aangesien ‘n kaping moontlik plaasgevind het.

# Sowetan:

Berig daar bestaan kommer oor die lewering van water aan gemeenskappe deur middel van watertenk-vragmotors aangesien wydverspreide waterafsluitings weer verwag word.

# En The Citizen:

Skryf Eskom se behuisingspojek vir die Kusile-kragstasie wat teen meer as ‘n miljard-rand gebou is, staan nou verlate en word daagliks geplunder.

WES-KAAP:

# Die Burger:

Berig eerstens ook oor die moorde in die Kruger-wildtuin. Naasbetaandes sê die Marais-egpaar was ‘n “dierbare” egpaar en huldeblyke stroom van oral in. Dit was die eerste keer dat so ‘n moord in die wildtuin gepleeg is.

Tweedens skryf die koerant oor die liedjie Nangu Mlungu wat oor die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, opgeneem is en soos ‘n veldbrand op sosialemedia versprei.

En laastens is daar nuus oor ‘n vreemde vlieënde voorwerp by Wildernis.

OOS-KAAP:

# The Herald in Gqeberha:

Berig die Coega Groen Ammoniakprojek maak aansienlike vordering met sy doelwit om teen 2030 jaarliks ​​een-miljoen ton groen ammoniak te produseer. Die projek het nou steun van die Europese Kommissie ontvang, wat deure vir internasionale kopers kan oopmaak.

En tweedens skryf die koerant die swak toestand van paaie is as rede aangevoer vir die styging in Algoa-bustarriewe.

KWAZULU-NATAL:

# The Witness in Pietermaritzburg:

Skryf Afrika-ambassadeurs en hoë kommissarisse het gesamentlik Suid-Afrika se Afrikadag-geleentheid in die Noordwes-provinsie geboikot uit protes teen die land se hantering van die toenemende teen-immigrantesentiment.

En ten slotte uit NAMIBIË:

# Republikein in Windhoek:

Namibië vier vandag Afrika-dag en daar is geen uitgawe van die koerant nie.