# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê hy en president Donald Trump van Amerika het ooreengekom dat enige finale ooreenkoms met Iran die kerngevaar moet uitskakel. Die twee leiers het die naweek oor die foon beraadslaag. Amerika en Iran sê pogings om die oorlog te beëindig, vorder. Netanyahu sê dis ʼn prioriteit om Iran se kernverryking-persele af te takel en verrykte kernmateriaal uit sy gebied te verwyder. Hy sê Trump het ook Israel se reg bevestig om homself op alle fronte, insluitend Libanon, te verdedig.
Netanyahu sê enige finale ooreenkoms met Iran moet die kerngevaar uitskakel