Skip to content

Trump sê die VSA is nie haastig om ‘n ooreenkoms met Iran aan te gaan nie

# President Donald Trump sê gesprekke met Iran om ‘n vredesooreenkoms te bereik verloop op ‘n ordelike en konstruktiewe wyse. Volgens berigte bevat die ooreenkoms ‘n 60-dae-verlenging van die skietstilstand, die opening van die Straat van Hormoes, Teheran se vrye handel in olie, en gesprekke oor die beperking van Iran se kernprogram. Trump sê hy het sy verteenwoordigers opdrag gegee om nie oorhaastig ‘n ooreenkoms aan te gaan nie. Hy sê die vlootblokkade sal van krag bly totdat ‘n ooreenkoms bereik, gesertifiseer en onderteken is.