# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het die polisie in die land gevra om intelligensiegedrewe operasies te handhaaf en voort te gaan om die staat se gesag te versterk. Dit volg nadat die jongste kwartaallikse misdaadstatistieke vrygestel is, wat ‘n afwaartse neiging in verskeie ernstige- en geweldsmisdaad-kategorieë aandui. Dimpane het polisiebeamptes se toewyding en harde werk geprys en sê die afname in misdaad in ‘n aantal kategorieë toon gefokusde operasies, gemeenskapsamewerking en gesamentlike wetstoepassings-ingrypings maak ‘n verskil.
Waarnemende nasionale polisiekommissaris vra polisie om intelligensiegedrewe operasies te handhaaf