# ‘n Verdagte is Saterdagaand in Washington DC doodgeskiet nadat hy op Geheime Diensagente in die strate rondom die Withuis losgebrand het. Volgens ‘n verklaring deur die Amerikaanse Geheime Diens het ‘n man op sy agente in die omgewing van 17de Straat en Pennsylvanialaan begin skiet. Die polisie het teruggeskiet en die verdagte getref, wat later in die hospitaal dood verklaar is. Geen Geheime Diensagente is beseer nie, maar ‘n omstander is getref. CBS het sedertdien berig die verdagte was Nasire Best, ‘n 21-jarige man wat reeds aan die Geheime Diens bekend was.
Verdagte doodgeskiet nadat hy op Geheime Diens-kontrolepunt buite Withuis losbrand