# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê infrastruktuurbelegging bly sentraal tot ekonomiese groei, werkskepping en verbeterde openbare dienste. Godongwana sê die regering gaan voort om aansienlike hulpbronne te bestee om te reageer op waterlekkasies en stelselfoute, eerder as om die oorsaak van die krisis, verouderende en vervalle waterinfrastruktuur, aan te spreek. Die minister sê die huidige waterbefondsingslandskap is steeds verdeel oor verskeie toelaes en befondsings-instrumente, wat samewerking bemoeilik, doeltreffendheid ondermyn en die langtermynvolhoubaarheid van infrastruktuurbelegging verswak.
Minister Godogwana sê infrastruktuurbelegging bly sentraal tot ekonomiese groei