Skip to content

Sokker: Hugo Broos wys voorlopige Bafana Bafana-groep van 32 aan vir Wêreldbeker

# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het ʼn voorlopige groep van 32 aangekondig vir die Wêreldbekertoernooi in Amerika, Kanada en Mexiko. Dit sluit sewe spelers in wat in die buiteland speel, onder andere Lyle Foster and Olwethu Makhanya. Mamelodi Sundowns en Orlando Pirates het elk nege spelers in die groep en Bradley Cross en Olwethu Makhanye is onder die nuwelinge. Broos sal Woensdag die finale groep bekendmaak. Suid-Afrika is in Groep A saam met die mede-gasheer, Mexiko, Suid-Korea en die Tsjeggiese Republiek.