# Sokker: Lede van Iran se nasionale span het in Turkye aansoek gedoen vir Kanadese visums voor die Wêreldbeker-toernooi in Noord-Amerika. Die groep is tans in Ankara voordat hulle na ‘n oefenkamp aan Turkye se Middelandse See-kus verskuif. Hulle sal vandaar na Amerika reis, waar hulle al drie hul groepswedstryde sal speel. Hulle moet ook toegang tot Kanada kry as hulle tot die uitkloprondes vorder. Die toernooi, wat deur Kanada, Amerika en Mexiko aangebied word, begin die 11de van volgende maand.
Sokker: Iranse spelers doen aansoek vir Kanadese visums in Turkye