Rugby: Die agterspelers Dewald Human en Gino Cupido is ingesluit in die Springbok-sewesgroep wat Sondag na Spanje en Frankryk reis om aan die laaste twee seweswêreldkampioenskapstoernooie in Valladolid en Bordeaux deel te neem. Hulle was beseer toe die Blitsbokke verlede maand in Hongkong die eerste van die drie byeenkomste gewen het. Afrigter Philip Snyman sê Human gee die span ‘n ekstra losskakel-moontlikheid terwyl Cupido vir Donavan Don op senter vervang.
Rugby: Cupido en Human ingesluit in Blitsbokke se groep vir Europese toer