# Die Verkiesingskommissie is bekommerd oor toenemende waninligting op sosiale media rakende die bestuur van verkiesings. Dit volg voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die OVK waarsku politieke partye om nie vals bewerings te maak wat die geloofwaardigheid van die verkiesingsproses kan ondermyn nie. ‘n Verkiesingsbeampte, Ntombifuthi Masinga, het die publiek en party-agente aangemoedig om inligting op die OVK se webwerf na te gaan om waninligting te bestry en openbare vertroue in die verkiesingsproses te bou.
OVK waarsku teen waninligting voor plaaslike regeringsverkiesing