Skip to content

Tshwane-metropolisie skut 17 openbarevervoer-voertuie en reik kennisgewings uit aan vier sakeondernemings

# Die Tshwane-metropolisiedepartement sê sy eenheid vir Openbare Vervoer gaan voort om nakoming te verseker. Die afgelope week is 17 minibustaxi’s en een e-taxi in Pretoria-Wes geskut omdat hulle sonder geldige lisensies bedryf is. Die metropolisie het ook vier sakepersele geïnspekteer en Artikel 56-kennisgewings uitgereik vir oortreding van die Wet op Sakeondernemings. Twee kennisgewings is uitgereik wees oortreding van brand-regulasies en een kennisgewing vir oortreding van die Wet op Skoonheids- en Ontsmettingsmiddels.