Skip to content

Tshwane se stadsbestuurder sê R20-miljard is nodig om agterstande met waterinfrastruktuur te takel

# Tshwane se stadsbestuurder, Johann Mettler, sê die metro het sowat 20-miljard-rand nodig om al die probleme met agterstande in die waterinfrastruktuur op te los. Hy het gister by Constitution Hill in Johannesburg voor die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se ondersoekspan verskyn. Die kommissie ondersoek die waterkrisis wat Gauteng verskeie jare reeds in sy greep het. Mettler het verklaar die vinnige bevolkingsgroei, immigrasie, verouderde infrastruktuur en agterstande plaas voortdurende druk op die metro. Hy het bygevoeg Tshwane ondersoek tans ander maniere om water te verskaf.