# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het ‘n versoek van die African Transformation Movement afgekeur om ‘n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa in te dien. Die mosie spruit voort uit die uitspraak van die Konstitusionele Hof, wat bevind het dat die Parlement onwettig opgetree het deur ‘n ampsklagondersoek teen die president te keer. In reaksie op die mosie het Didiza parlementêre reëls en prosedurele vereistes aangehaal. ATM sê hulle glo Didiza beskerm die president en het nie geleer uit die foute van haar voorganger, Nosiviwe Mapisa-Nqakula nie.
Speaker van die Nasionale Vergadering weier ATM se mosie van wantroue teen Ramaphosa