# Krieket: Nog kaartjies sal beskikbaar gestel word vir die Nuwejaarstoets teen Engeland in Kaapstad. Krieket Suid-Afrika sê die aankondiging dat Nuweland uitverkoop is, was deels bemarkingsgedrewe en al die kaartjies is nie uitverkoop nie. Hy ontken ook dat die meeste kaartjies vir Engeland se ondersteuners opsy gesit is. Die toets is die derde en laaste van die besoekers se eerste rooibalreeks in Suid-Afrika sedert 2019. Die eerste toets is op 17 Desember in Johannesburg en die tweede die 26ste in Centurion.
Krieket: Kaartjies vir Nuwejaarstoets teen Engeland op Nuweland nie uitverkoop nie