# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, doen ‘n beroep op dringende wêreldwye samewerking voor die 2026 Kopenhagen Ministeriële Spitsberaad oor klimaatsoptrede. Hy sê Suid-Afrika bly verbind tot multilateralisme gefokus op implementering, klimaatsveerkragtigheid en ‘n regverdige oorgang na ‘n lae-koolstof-ekonomie. Aucamp sê ontwikkelende lande het finansiële en tegniese ondersteuning nodig om groen ekonomiegeleenthede te ontsluit. Hy het ook die behoefte beklemtoon vir sterker internasionale vennootskappe oor aanpassing, versagting, en innovering om toenemende wêreldwye klimaatverwante uitdagings aan te spreek.
Aucamp vra dringende wêreldwye klimaatsamewerking voor Kopenhagen-spitsberaad