Skip to content

Tshwane sê openbare vermaak en ekonomiese aktiwiteit moet deur verantwoordelike bestuur saambestaan [KLANK]

# Die Stad Tshwane verwelkom die opbouende gesprekke tussen die Tshwane-metropolisiedepartement en die Menlyn Park-winkelsentrum se bestuur. Dit hou verband met klagtes oor geraas na onlangse vermaak-geleenthede wat by die sentrum se leefstylsentrum aangebied is. Die sentrum is een van die grootste winkelsentrums in Suid-Afrika. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Hannes Coetzee, sê openbare vermaak en ekonomiese aktiwiteite moet deur verantwoordelike bestuur, nakoming van wette en gemeenskappe se bedagsaamheid saambestaan:

ENG CoetzeeONSafety