# Die MK-party se leier, Jacob Zuma, het Nhlamulo Ndlela se lidmaatskap opgeskort hangende die uitslag van ʼn interne ondersoek. Hy is as die party se nasionale woordvoerder verwyder na beskuldigings dat hy die MK-party verkeerd voorgestel het by die bekendstelling van hulle nuwe Leierskap-instituut. Ndlela word beskuldig van wangedrag, dat hy tweespalt saai en die party in onguns bring. Hy is verbied om die MK-party in enige hoedanigheid te verteenwoordig, en moet alle party-eiendom soos skootrekenaars, dokumente, toegang en lidmaatskapskaarte teruggee.
MK-party skors Nhlamulo Ndhlela oor bewerings van wangedrag en dat hy tweespalt saai