# Sokker: Arsenal is die eerste keer in 22 jaar as Premierliga-kampioen gekroon. Die Gunners se lang wag is beëindig toe Manchester City gisteraand een-elk gelykop gespeel het teen Bournemouth, wat hulle twee punte agter die span van Mike Arteta gelaat het. Arsenal se sukses volg nadat hulle vir drie agtereenvolgende seisoene tweede geëindig het. Arteta word hiermee die eerste gewese Premierliga-speler wat as afrigter die trofee kan lig. Die oorhandiging van die trofee vind Sondag plaas ná hul laaste wedstryd van die seisoen teen Crystal Palace.
Sokker: Arsenal breek wendroogte van 22 jaar in die Premierliga