# Rugby: Die Leeus sal waarskynlik sonder twee van sy staatmakers, Springbok-skrumskakel Morné van der Berg en flank Ruan Venter, moet klaarkom vir volgende naweek se Verenigde Rugbykampioenskapskwarteindstryd teen Leinster in Ierland. Albei spelers het reeds teruggekeer huis toe, terwyl die res van die groep in Ierland gebly het na die afgelope naweek se groepwedstryd teen Munster. Die Johannesburgse span is ook bekommerd oor die fiksheid van kaptein Francke Horn en senter Henco van Wyk. Afrigter Ivan van Wyk glo albei kan betyds herstel vir die Leinster-kragmeting.
Rugby: Beserings bekommer Leeus voor VRK-kwarteindstryd teen Leinster