Skip to content

Krieket: Nuweland reeds uitverkoop vir Nuwejaarstoets teen Engeland

# Krieket: Alle kaartjies is volgens berigte reeds uitverkoop vir die Nuwejaarstoets tussen die Proteas en Engeland op Nuweland in Kaapstad. Die uiters gewilde sportgebeurtenis keer terug nadat dit vanjaar oorgeslaan is. Kaartjieverkope het gister geopen en Krieket Suid-Afrika het kort daarna bevestig alle kaartjies is opgeraap. Die wedstryd sal die derde en laaste een wees van Engeland se eerste toetsreeks in Suid-Afrika sedert 2019. Die eerste toets begin op 17 Desember in Johannesburg en die tweede die 26ste in Centurion.