Skip to content

Cosatu sê toegang tot gesondheidsorg mag nie deur hofsake teen NGV ontwrig word nie [KLANK]

# Die vakbondfederasie Cosatu sê dit is belangrik dat toegang tot gesondheidsorg nie deur voortslepende hofsake teen die Nasionale Gesondheidsversekering en ander wetgewing ontwrig word nie. Die Konstitusionele Hof het Artikels 36 tot 40 van die Wet ongrondwetlik verklaar. Die hoofstukke handel oor die “Sertifikaat van Behoefte” wat die staat besluitnemingsmag verleen oor waar gesondheidspraktisyns moet praktiseer. Matthew Parks van Cosatu sê hulle sal met die Gesondheidsdepartement skakel om duidelikheid te verkry oor die impak van die beslissing:

ENG ParksONHealthcare