# Rugby: Die Verenigde Rugbykampioenskap gaan nou sy uitspeelrondes binne met drie Suid-Afrikaanse spanne wat vir die kwarteindronde gekwalifiseer het. Die Stormers en die Bulle het tuiswedstryde verseker. Die Stormers, derde op die punteleer, speel volgende Saterdag teen die Walliese span Cardiff in Kaapstad, terwyl die vierde-geplaaste Bulle op Loftus in Pretoria kragte meet met Munster van Ierland. Die Leeus, wat sewende geëindig het, kom in Ierland teen Leinster te staan. Die halfeindstryde word die sesde van volgende maand beslis en die eindstryd die 20ste.
Rugby: VRK bereik uitspeel-rondes met drie SA spanne in die kwarteindstryde